Jeremiah 21:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedekia, die koning van Juda, en sy dienaars, en die volk en die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, van die swaard en van die hongersnood, in die hand van koning Nebukadrésar verlos van Babel en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en Hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal hulle nie spaar nie, en nie ontferm of barmhartig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat dit alles gebeur het, sê die Here, sal koning Sedekia van Juda, sy amptenare en van die mense in die stad die oorlog, hongersnood en siektes oorleef. Maar Ek sal hulle uitlewer aan koning Nebukadnesar van Babel en aan hulle vyande wat hulle wil dood hê. Hy sal geen jammerte vir hulle voel nie, maar hulle met die swaard doodmaak. Hy sal geen genade vir hulle hê nie en niemand laat oorleef nie.’
Afrikaans 1933/1953 En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedek¡a, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk -- die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood -- oorgee in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.
Afrikaans 1983 en daarna, sê die Here, sal Ek koning Sedekia van Juda, sy amptenare en die mense in die stad wat pes, swaard en hongersnood vrygespring het, oorlewer in die mag van koning Nebukadnesar van Babel, in die mag van hulle vyande, in die mag van dié wat hulle lewe soek. Die vyand sal die inwoners van Jerusalem afmaai sonder om te verskoon, sonder om jammer te kry, sonder genade.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En daarna,” is die uitspraak van die Here, “sal Ek Sedekia, koning van Juda, sy amptenare en die volk, dié wat in hierdie stad oorgebly het ná die epidemie, die swaard en die hongersnood, oorgee in die hand van Nebukadresar, koning van Babilonië, ja, in die hand van hulle vyande, in die hand van dié wat hulle lewens soek. Hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard. Hy sal geen deernis met hulle hê, of hulle jammer kry of hom oor hulle ontferm nie.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En daarna sal Ek koning Sedekia van Juda en sy amptenare gee vir koning Nebukadnesar van Babel, Ek sal ook vir Nebukadnesar die mense gee wat nie gesterf het van pes en oorlog en honger nie. Ek sal hulle gee vir hulle vyande wat hulle wil doodmaak. Die vyande sal hierdie mense doodmaak, hulle sal nie jammer wees vir hulle nie, hulle sal nie een laat lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Na dit alles gebeur het,” sê die Here, “sal koning Sedekia van Juda, van sy amptenare en van die mense in die stad die oorlog, hongersnood en siektes oorleef. Maar Ek sal dat koning Nebukadnesar van Babel en hulle vyande wat hulle dood wil hê, hulle vang. Hy sal hulle doodmaak sonder dat hy enigsins vir hulle jammer voel. Hy sal geen genade vir hulle hê nie en niemand laat oorleef nie.