Jeremiah 21:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, mense sowel as diere; hulle sal aan 'n groot pes sterf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek gaan die inwoners van die stad met ’n epidemie tref. Mens en dier sal sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee -- aan 'n groot pes sal hulle sterwe. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan al wat in hierdie stad is, tref, mens en dier. Hulle sal aan die pes sterwe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal die inwoners van hierdie stad, mense sowel as diere, tref. Aan 'n verskriklike epidemie sal hulle sterf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal almal in die stad, die mense en die diere, laat sterf van 'n groot pes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan ’n epidemie in die stad laat uitbreek. Mens en dier sal doodgaan. |