Jeremiah 21:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vra tog vir ons by die HERE; want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; as die HERE met ons sal handel volgens al sy wonders, dat Hy van ons af kan optrek.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vra tog namens ons vir die Here wat gaan gebeur. Koning Nebukadnesar van Babel is besig om met sy soldate teen ons op te trek. Miskien sal die Here vir ons ’n wonderwerk doen soos Hy al tevore gedoen het en hom laat terugtrek.”
Afrikaans 1933/1953 Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadr,sar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.
Afrikaans 1983 “Raadpleeg asseblief die Here namens ons, want koning Nebukadnesar van Babel val ons aan. Miskien doen die Here ook vir ons 'n wonder en laat Hy Nebukadnesar van ons af wegtrek.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Raadpleeg asseblief namens ons die Here, want Nebukadresar, die koning van Babilonië, voer oorlog teen ons. Miskien sal die Here vir ons doen wat Hy in al sy wonders gedoen het, sodat Nebukadresar van ons af wegtrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet asseblief vir die Here vra wat ons moet doen, want koning Nebukadnesar van Babel maak oorlog teen ons. Miskien wil die Here weer 'n wonderwerk doen soos Hy altyd gedoen het, en dan sal die koning van Babel weggaan van ons.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Koning Nebukadnesar van Babel is besig om met sy soldate teen ons op te trek. Vra tog namens ons vir die Here wat gaan gebeur. Miskien sal die Here vir ons ’n wonderwerk doen soos Hy al in die verlede gedoen het. Miskien sal Nebukadnesar dan terugtrek.”