Jeremiah 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy woud, en dit sal alles rondom dit verteer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal julle straf oor dit wat julle gedoen het, sê die Here. Ek sal ’n vuur in jou woud aansteek wat alles rondom jou sal verbrand.’”
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.
Afrikaans 1983 Ek gaan hulle straf oor wat hulle gedoen het, sê die Here, Ek gaan in die paleis 'n vuur aansteek wat alles rondom sal verbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek gaan van julle rekenskap eis ooreenkomstig die vrug van julle dade,” is die uitspraak van die Here. “Ek gaan 'n vuur in haar bos aansteek, en dit sal alles rondom haar verteer.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal julle straf oor die dinge wat julle doen, Ek sal julle paleis aan die brand steek, en alles rondom die paleis sal brand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle straf vir dit wat julle gedoen het,” sê die Here. “Ek sal ’n vuur in die paleis aansteek wat alles rondom tot as sal verbrand.”