Jeremiah 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal en rots van die vlakte, spreek die HERE; wat sê: Wie sal teen ons afkom? of wie sal in ons wonings ingaan?
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Ek sal veg teen hierdie stad, teen Jerusalem, sê die Here, want julle spog mos en sê: Niemand kan ons op die berg bereik nie. Ons is onaantasbaar!
Afrikaans 1933/1953 Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?
Afrikaans 1983 Ek is jou teenstander, Jerusalem, sê die Here, jy wat hier bokant die dal op die klipplaat lê, jy wie se inwoners sê niemand kan hulle aanval nie, niemand kan hulle skuilplekke binnedring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is Ek teen jou, jy wat oor die vallei troon – o, rots van die gelykte!” is die uitspraak van die Here, “julle wat sê, ‘Wie sal deurdring na ons, en wie sal ons skuilplekke binnedring?’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê vir julle wat buite die stad woon, op die rots bokant die gelyk grond: Julle dink julle is veilig daar en julle is nie bang nie, maar Ek is julle vyand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is teen julle gekant, mense van Jerusalem. Julle spog en sê dat niemand julle kan bykom waar julle op julle berg bly nie.