Jeremiah 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O huis van Dawid, so spreek die HERE; Voltooi in die môre oordeel en red hom wat geplunder is uit die hand van die verdrukker, dat my grimmigheid nie soos vuur uitgaan en brand dat niemand dit kan blus nie vanweë die boosheid van julle handelinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê vir die koningsnageslag van Dawid: Lewer elke dag regverdige uitsprake! As iemand besteel is, beskerm hulle en red hulle van hulle uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur oor al julle sondes wat julle doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge. |
| Afrikaans 1983 | huis van Dawid! So sê die Here: Sorg dat daar elke dag reg geskied, red die mens wat beroof word uit die mag van die uitbuiter. As julle dit nie doen nie, sal my toorn ontvlam soos 'n vuur en brand sonder dat iemand dit kan blus. Dit sal gebeur oor die sonde wat julle gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | huis van Dawid! So sê die Here: “Spreek elke oggend reg en red dié wat beroof word uit die hand van verdrukkers; anders breek my woede uit soos 'n vuur en brand sonder dat iemand dit blus vanweë julle bose dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê vir die nageslag van Dawid: Julle moet elke oggend reg doen aan mense. Mense vat ander mense se goed en laat hulle swaarkry, maar julle moet die mense help wat swaarkry. As julle dit nie doen nie, dan sal Ek baie kwaad word. Dit sal wees soos 'n vuur wat aanhou brand. Niemand sal die vuur doodmaak nie, want julle doen baie slegte dinge. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê die volgende vir die konings wat uit die nageslag van Dawid kom: Sorg dat mense elke dag regverdig behandel word. As iemand besteel is, beskerm die persoon teen die uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur omdat julle verkeerd doen. |