Jeremiah 21:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE; dit sal in die hand van die koning van Babel gegee word, en hy sal dit met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het besluit om hierdie stad te vernietig. Ek gaan niks goeds vir hulle doen nie, sê die Here. Ek sal die stad aan die koning van Babel oorgee. Hy sal die stad verbrand.’”
Afrikaans 1933/1953 Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
Afrikaans 1983 Ek het besluit om hierdie stad swaar te straf en hom nie te spaar nie, sê die Here. Die stad word oorgegee in die mag van die koning van Babel, en hy sal dit afbrand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Ek rig my gesig teen hierdie stad – ten kwade en nie ten goede nie,” is die uitspraak van die Here. “In die hand van die koning van Babilonië sal dit oorgegee word, en hy sal dit afbrand.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Ek het hierdie stad se vyand geword. Ek sal dit sleg laat gaan met julle, Ek sal dit nie goed laat gaan nie. Ek gee die stad vir die koning van Babel, en hy sal die stad verbrand.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het besluit om hierdie stad skade aan te doen. Ek gaan niks goeds vir hulle doen nie,” sê die Here. “Ek sal die stad aan die koning van Babel oorgee. Hy sal Jerusalem verbrand.”