Jeremiah 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe koning Sedekía Pashur, die seun van Melkía, en Sefanja, die seun van Maäséja, die priester, na hom gestuur het, om te sê:
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Jeremia nog ’n boodskap gegee om oor te dra. Dit was toe koning Sedekia vir Pasgur, die seun van Malkija en Sefanja, die seun van Maäseja, ’n priester, na hom toe gestuur het met ’n versoek:
Afrikaans 1933/1953 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedek¡a, die koning, Pashur, die seun van Malk¡a, en Sef nja, die seun van Maäs,ja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:
Afrikaans 1983 Die woord van die Here het tot Jeremia gekom toe koning Sedekia vir Pasgur seun van Malkija en die priester Sefanja seun van Maäseja na Jeremia toe gestuur het met die versoek:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die woord van die Here wat van die Here af tot Jeremia gekom het toe koning Sedekia vir Pasgur, seun van Malkija, en die priester Sefanja, seun van Maäseja, na hom gestuur het met die woorde:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit het gebeur toe koning Sedekia vir Pasgur seun van Malkija en vir die priester Sefanja seun van Maäseja na Jeremia toe gestuur het. Hulle het vir Jeremia gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het weer vir Jeremia gesê wat hy moes praat. Dit was toe koning Sedekia vir Pasgur, die seun van Malkija, en Sefanja, die seun van Maäseja, wat ’n priester was, na hom toe gestuur het met ’n versoek: