Jeremiah 20:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê ek: Ek sal nie van hom melding maak nie en ook nie meer in sy Naam spreek nie. Maar sy woord was in my hart soos 'n brandende vuur wat in my gebeente opgesluit was, en ek was moeg van verdraagsaamheid, en ek kon nie bly nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het al gesê ek sal niks van die Here sê of namens Hom praat nie. Maar dan is dit soos ’n vuur wat in my hart brand! Ek is moeg daarvan om weerstand te bied; trouens, ek kan nie meer nie.
Afrikaans 1933/1953 En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.
Afrikaans 1983 En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het al gesê: “Ek sal nie aan Hom dink nie, nie meer in sy Naam iets sê nie.” Maar dan word dit in my hart soos 'n vuur wat brand, vasgevang in my gebeente! Ek het my moeg gemaak om dit binne te hou, maar ek kon nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En wanneer ek dink ek sal U vergeet en ek sal nie u profeet wees nie, dan brand dit soos 'n vuur binne-in my. Ek probeer stilbly, maar ek is moeg, ek kan nie meer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het al by myself gedink ek sal niks van die Here sê of namens Hom praat nie. Maar ek kan net nie ophou nie. Die boodskap van die Here brand in my binneste soos ’n vuur. Dit is soos vuur wat in my liggaam ingehok is. Ek probeer so hard as wat ek kan om dit binne te hou, maar ek kan nie.