Jeremiah 20:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want vandat ek gepraat het, het ek uitgeroep, geweld en buit uitgeroep; want die woord van die HERE is vir my elke dag 'n smaad en 'n bespotting gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ek praat, moet ek elke keer net uitroep: “Geweld en vernietiging!” Die boodskap wat die Here vir my gegee het, veroorsaak dat almal my aanhoudend spot. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! -- omdat die woord van die HERE vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag. |
| Afrikaans 1983 | Elke keer as ek my mond oopmaak, moet ek skree, moet ek roep: “Daar is geweld, daar is verdrukking!” Om die woord van die Here te moet aankondig, beteken vir my net vernedering en bespotting heeldag deur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want telkens wanneer ek praat, moet ek dit uitskreeu. “Geweld en verdrukking!” roep ek uit. Ja, die woord van die Here het vir my tot bespotting en hoon geword, die hele dag lank. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want elke maal wanneer ek moet praat, dan moet ek skree en sê hoe ander mense hulle sal seermaak en sal laat swaarkry. Die mense spot my en hulle lag vir my omdat ek sê wat U vir my sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As ek my mond moet oopmaak om te praat, moet ek uitroep ‘geweld!’ en ‘vernietiging!’ Die boodskap wat U vir my gegee het, het my elke oomblik van die dag ’n bespotting by die mense gemaak. |