Jeremiah 20:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, U het my bedrieg, en ek het my laat bedrieg; U is sterker as ek en het oorwin; ek bespot elke dag, almal spot met my. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, U het my omgepraat en ek het my laat ompraat. U is baie sterker as ek, U het my oorweldig. Nou bespot hulle my heeldag, almal lag vir my. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my. |
| Afrikaans 1983 | U het my mislei, Here, en ek het my laat mislei. U was te sterk vir my, U het gewen. Ek word heeldag uitgelag, almal spot met my. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het my mislei, Here, en ek het my laat mislei. U het my oorweldig, U het die oorhand gekry. Ek word uitgelag, die hele dag; almal dryf die spot met my. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U het my bedrieg, en ek het geglo wat U gesê het, U was te sterk vir my, U het gewen. Die mense lag die hele dag vir my, almal spot my, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jeremia het gebid: “Here, U het my omgepraat om u boodskapper te wees. Maar om die waarheid te sê, ek het my laat ompraat. U is baie sterker as wat ek is. U het my onkant gevang. Ek kon nie weerstand bied nie. Nou is ek die voorwerp van spot vir almal. Almal lag vir my. |