Jeremiah 20:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jy, Pashur, en almal wat in jou huis woon, sal in ballingskap gaan; en jy sal na Babel kom, en daar sal jy sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy leuens geprofeteer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pasgur, hulle sal jou en ook jou familie as gevangenes na Babel toe wegvoer. Daar sal jy doodgaan en sal hulle jou begrawe. Dieselfde sal ook gebeur met al jou vriende vir wie jy geprofeteer het dat alles reg sal wees.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het. |
| Afrikaans 1983 | Jy, Pasgur, en al die mense in jou huis sal ook in ballingskap weggevoer word. Jy sal in Babel kom en daar sterf, en daar sal jy en al jou vriende vir wie jy met leuens 'n profeet wou wees, begrawe word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En jy, Pasgur, en al die inwoners van jou huis, sal in gevangenskap gaan. In Babel sal jy aankom, daar sal jy sterf, en daar sal jy begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy leuens geprofeteer het.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En, Pasgur, jy en almal in jou huis sal gevangenes word in Babel. Jy het gelieg toe jy gesê het dat die Here jou gestuur het. Julle sal daar in Babel sterf en die mense sal jou daar begrawe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy, Pasgur, en ook jou familie sal as gevangenes na Babel toe weggevat word. Daar sal jy doodgaan en begrawe word. Dieselfde sal ook gebeur met al jou vriende vir wie jy leuens vertel het oor wat gaan gebeur.” |