Jeremiah 20:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder sal Ek al die sterkte van hierdie stad gee, en al sy arbeid en al die kosbare dinge daarvan, en al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, wat hulle sal plunder en inneem hulle hulle en bring hulle na Babel toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal toelaat dat jou vyande hierdie stad kaalstroop. Hulle sal al die rykdom in die stad — die kosbare juwele van goud en silwer van jou konings — na Babel toe neem. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring. |
| Afrikaans 1983 | Al die rykdom van hierdie stad, al sy besittings, al wat hy het wat waardevol is, en al die skatte van die konings van Juda lewer Ek uit aan hulle vyande. Hulle sal alles plunder en roof en dit na Babel toe wegvat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal al die voorraad van hierdie stad, al haar produkte, al haar kosbaarhede en al die skatte van die konings van Juda oorgee in die hand van hulle vyande. Hulle sal dit buitmaak, dit wegvat en na Babel neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En Ek gee al die goed van hierdie stad vir die vyande, al die mooi goed wat die mense en die konings van Juda het. Die vyande sal alles vat wat hulle wil hê en hulle sal dit wegvat na Babel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal toelaat dat die vyand Jerusalem kaal stroop. Hulle sal al die rykdom in die stad, al die voorraad, al die waardevolle artikels en die skatte van die konings van Juda roof en na Babel toe vat. |