Jeremiah 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE: Kyk, Ek maak jou tot 'n verskrikking vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, en jou oë sal dit aanskou; en Ek sal die hele Juda in die hand gee van die koning van Babel, en hy sal hulle in ballingskap na Babel wegvoer en hulle met die swaard doodmaak.
Afrikaans (NLV) 2011 want dit is wat die Here sê: Ek sal sorg dat jy en jou vriende verskrik is van vrees. Jou vyand sal jou vriende voor jou oë met die swaard doodmaak. Ek gee die hele bevolking van Juda oor in die hande van die koning van Babel. Hy sal die mense in ballingskap wegvoer na Babel of met die swaard doodmaak.
Afrikaans 1933/1953 Want so spreek die HERE: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.
Afrikaans 1983 want, so sê die Here, Ek gaan jou 'n angs maak vir jouself en vir jou vriende. Hulle sal deur hulle vyande met die swaard afgemaai word terwyl jy kyk. Die hele Juda gee Ek oor in die mag van die koning van Babel: hy sal party in ballingskap wegvoer na Babel toe en party doodmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want so sê die Here, ‘Kyk, Ek gaan jou 'n verskrikking maak vir jouself en vir al jou vriende. Hulle sal deur die swaard van hulle vyande val terwyl jou oë dit aanskou. Die hele Juda gee Ek oor in die hand van die koning van Babilonië. Hy sal hulle na Babilonië wegvoer en met die swaard ombring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here sê: Ek sal jou laat skrik vir jouself, en jou hele familie sal skrik. Jy sal sien hoe hulle vyande hulle doodmaak. Ek gee al die mense in die land Juda vir die koning van Babel. Hy sal hulle oorwin en hy sal party mense doodmaak en party wegvat na die land Babel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want dit is wat die Here sê: Ek sal jou en jou vriende lam van vrees maak. Jou vriende sal voor jou oë deur die vyand doodgemaak word. Ek gee die hele bevolking van Juda oor in die hande van die koning van Babel. Hy sal party van die mense vang en na Babel wegvat as sy gevangenes. Ander sal hy met die swaard doodmaak.