Jeremiah 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volgende dag het Pashur Jeremia uit die voorraad gebring. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE het jou nie Pashur genoem nie, maar Magormissabib. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die volgende dag het Pasgur Jeremia vrygelaat. Toe het Jeremia vir hom gesê: “Pasgur, die Here het jou naam verander. Hy noem jou nou: ‘Verskrikking rondom,’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE noem jou nie Pashur nie, maar Skrik -- rondom! |
| Afrikaans 1983 | Toe Pasgur vir Jeremia die volgende môre uit die blok haal, het Jeremia vir hom gesê: Die Here noem jou nie meer Pasgur nie maar Angs van Alle Kante, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Pasgur Jeremia die volgende dag uit die blok uithaal, sê Jeremia vir hom: “Die Here noem jou nie Pasgur nie, maar Verskrikking aan Alle Kante. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hy Jeremia die volgende oggend uit die blok haal, het Jeremia vir hom gesê: “Die Here sê jou naam is nie meer Pasgur nie, jou naam is nou Skrik-van-al-die-kante. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende dag het Pasgur vir Jeremia vrygelaat. Toe het Jeremia vir hom gesê: “Pasgur, die Here het jou naam verander. Hy noem jou nou ‘Die man wat in angs lewe’. |