Jeremiah 20:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Pashur die profeet Jeremia verslaan en hom in die stokke gesit wat in die hoë poort van Benjamin was, wat by die huis van die HERE was.
Afrikaans (NLV) 2011 Pasgur het Jeremia gearresteer en hom laat slaan en in ’n voetblok vasgemaak by die boonste Benjaminingang van die tempel.
Afrikaans 1933/1953 Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Pasgur het die profeet Jeremia geslaan en hom daarna laat vasskroef in die blok wat in die boonste Benjaminpoort van die huis van die Here was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pasgur het toe die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat by die boonste Benjaminpoort was in die huis van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Pasgur het die profeet Jeremia geslaan en hy het Jeremia in die blok gesit wat in die tempelpoort, die Boonste Benjamin-poort, was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het Jeremia gevang en hom laat slaan. Daarna het hy Jeremia se voete in ’n blok laat vasmaak by die boonste Benjaminingang van die Here se tempel.