Jeremiah 20:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat hy my nie van die moederskoot af gedood het nie; of dat my moeder my graf kon gewees het, en haar skoot om altyd groot by my te wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | omdat hy my nie voor my geboorte doodgemaak het nie. Ag, kon my ma se liggaam vir ewig my graf gewees het! |
| Afrikaans 1933/1953 | omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie. |
| Afrikaans 1983 | omdat hy my nie doodgemaak het voor ek gebore is sodat my ma my graf kon gewees het en sy nooit in kraam kon kom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | omdat hy my nie doodgemaak het in die baarmoeder, sodat my moeder my graf geword het, en haar baarmoeder ewig swanger gebly het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit moet so sleg gaan met daardie man omdat hy my nie doodgemaak het toe ek gebore is nie. Dan was my ma my graf, dan was sy vir altyd swanger. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom wens ek dit? Omdat hy my nie doodgemaak het nog voor ek gebore is nie. Dan kon my ma se liggaam sommer my graf gewees het. |