Jeremiah 20:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat daardie man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het en hom nie bekeer het nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Mag dié man wees soos die dorpe wat die Here sonder genade vernietig het. Mag hy in die oggend weeklag hoor, en in die middag oorlogsgeskreeu
Afrikaans 1933/1953 Ja, laat die man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,
Afrikaans 1983 Mag dit met daardie man gaan soos met die stede wat so genadeloos deur die Here verwoes is, mag daardie man angskrete hoor in die môre, oorlogskrete op die helder middag,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag daardie man wees soos die stede wat die Here platgeslaan het sonder om jammer te wees. Mag hy uitroepe om hulp hoor in die môre, en oorlogskrete teen die middag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wens daardie man word soos die stede wat die Here verwoes het. Niemand moet jammer wees vir daardie man nie, hy moet elke dag hoor hoe skree die mense en hoe vra hulle dat iemand hulle moet help. Hy moet hoor hoe blaas hulle die ramshoring in die middel van die dag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag dié man word soos die stede wat die Here destyds sonder om ’n oog te knip vernietig het. Mag sy dag begin met mense se angskrete en eindig met oorlogsgeskreeu!