Jeremiah 20:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdiges op die proef stel en die niere en die hart aanskou, laat my u wraak op hulle sien, want vir U het ek my saak oopgemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, Almagtige, U weet wie tree reg op. U sien presies wat aangaan in mense se harte en gedagtes. Ek wil graag sien hoe U U op hulle wreek. Ek het my saak in u hande gelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien -- laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou. |
| Afrikaans 1983 | Here, Almagtige, u oordeel is reg, U sien raak wat diep in 'n mens is. Laat my sien hoe U my vyande straf want ek gee my saak in u hande. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, Heerser oor alle magte, U wat regverdiges toets, wat hart en niere deurskou, laat ek u wraak op hulle sien; want aan U het ek my regsaak toevertrou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U wat oor alles regeer, U wat weet wat mense dink, U moet vir my wys hoe U my vyande straf, want ek het vir U gesê wat hulle doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Here, U is sterker as alles en almal! U is regverdig as U mense toets. U sien presies wat in mense se hart en gedagtes omgaan. Ek wil graag sien hoe U hulle terugbetaal vir wat hulle gedoen het. Ek het my saak in u hande gelos. |