Jeremiah 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek het die lastering van baie gehoor, vrees van alle kante. Rapporteer, sê hulle, en ons sal dit rapporteer. Al my bekendes het gewaak dat ek gestop het en gesê: Miskien sal hy verlei word, en ons sal hom oorwin en ons op hom wraak neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek hoor hoe hulle spot: “Oral is groot gevaar!” Dan sê hulle: “As jy iets sê, gaan ons dit rapporteer!” Selfs my ou vriende hou my dop. Hulle sit en wag vir my om ’n fout te maak. Hulle sê: “Miskien kan hy verlei word, dan sal ons ons kans kry om ons op hom te wreek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem. |
| Afrikaans 1983 | Ek hoor almal fluister: “Angs van alle kante! Sê dit! Kom ons sê vir die koning wat Jeremia sê!” Selfs my vriende wag dat ek tot 'n val kom! Hulle sê: “Miskien loop hy in die val, en dan kan ons hom bykom en ons op hom wreek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, ek het die geskimp van baie gehoor: “Verskrikking aan alle kante! Neem kennis! Ons sal dit bekend maak!” Al my sogenaamde vriende verwag my val: “Miskien kan hy mislei word, sodat ons die oorhand oor hom kan kry en ons op hom kan wreek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want ek hoor hoe sê die mense saggies vir mekaar: “Hy het gesê daar kom skrik van al die kante. Kom ons sê vir almal wat Jeremia sê, kom ons beskuldig hom.” Almal wat my vriende was, wag ook dat dit sleg moet gaan met my. Hulle sê: “Miskien kan ons vir Jeremia iets laat doen wat verkeerd is, dan kan ons hom vang en hom straf oor die dinge wat hy doen.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het gehoor dat hulle agter my rug praat. Hulle sê: Daar loop ‘Ou groot gevaar’. Dan sê hulle: ‘Kla hom aan! Kom ons kla hom aan!’ Selfs my naby vriende hou my dop. Hulle sit en wag vir my om ’n blaps te maak. Hulle sê: ‘Wag maar, hy sal vir homself ’n strik stel en dan sal ons ons kans kry om ons op hom te wreek.’ |