Jeremiah 20:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Pashur, die seun van die priester Immer, wat ook hoof goewerneur in die huis van die HERE was, het gehoor dat Jeremia hierdie dinge geprofeteer het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Pasgur, die seun van Immer, was die priester in beheer by die tempel van die Here. Hy het die boodskap gehoor wat Jeremia geprofeteer het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Pashur, die seun van Immer, die priester -- wat hoofopsigter was in die huis van die HERE -- het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer. |
| Afrikaans 1983 | Die priester Pasgur seun van Immer, wat hoofopsigter oor die tempel was, het gehoor hoe Jeremia as profeet dié aankondiging doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester Pasgur, seun van Immer – hy was die hoofopsiener in die •tempel van die Here – het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester Pasgur was die hoof-opsigter van die tempel, en hy het gehoor wat Jeremia sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Pasgur was die seun van Immer. Hy was die priester wat in beheer van sake by die tempel was. Pasgur het gehoor wat Jeremia vir die mense by die tempel gesê het. |