Jeremiah 2:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, jy moet van hom uitgaan, en jou hande op jou hoof, want die HERE het jou vertroue verwerp, en jy sal daarin nie voorspoedig wees nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy sal terugkom met jou hande op jou kop, en in ballingskap gaan, want die Here het die nasies verwerp op wie jy vertrou het. Jy sal nie slaag nie, ondanks hulle hulp.”
Afrikaans 1933/1953 Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die HERE het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.
Afrikaans 1983 Jy sal daarvandaan terugkom sonder dat jy jou sin gekry het, want Ek het almal verwerp op wie jy vertrou het; by hulle sal jy geen hulp kry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook daarvandaan sal jy weggaan met jou hande op jou kop. Want die Here het dit waarop jy jou vertroue plaas, verwerp. Jy sal nie slaag by hulle nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het mense na Egipte gestuur, maar hulle sal moedeloos terugkom uit Egipte, want vir die Here is daardie volke nie belangrik nie, hulle sal nie help dat dit met julle goed gaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal teleurgesteld van Egipte af terugkom, want Ek sal die mense op wie julle vertrou, afskryf. Dit sal nie met julle goed gaan nie, ook al help hulle julle.”