Jeremiah 2:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom is jy so gretig om jou weg te verander? ook sal jy jou beskaamd wees vir Egipte, soos jy jou geskaam het vir Assirië.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy flankeer van die een na die ander om jou te help. Maar soos Assirië jou in die steek gelaat het, so sal Egipte jou ook in die steek laat.
Afrikaans 1933/1953 Wat loop jy so baie weg om jou pad te verander? Jy sal ook deur Egipte in die skande kom soos jy deur Assur in die skande gekom het.
Afrikaans 1983 Hoe laag het jy gedaal deur jou wispelturigheid! Egipte sal jou net so in die steek laat as wat Assirië jou in die steek gelaat het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe uiters maklik verander jy van koers. Ook in Egipte sal jy bedroë daarvan afkom, net soos jy in Assirië bedroë daarvan afgekom het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle vra vir die een volk om julle te help, en dan vir die ander volk, maar die Assiriërs het julle nie gehelp nie en die Egiptenaars sal julle ook nie help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle val lekker rond en dink vandag so en môre anders. Maar dit kan julle weet, julle vriende in Egipte sal julle in die steek laat net soos Assirië destyds gedoen het.