Jeremiah 2:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O geslag, sien die woord van die HERE. Was ek 'n woestyn vir Israel? 'n land van duisternis? Daarom sê my volk: Ons is HERE; sal ons nie meer na jou toe kom nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Israel, luister na die woord van die Here! Hy vra: ‘Is Ek vir Israel soos die woestyn of ’n pikdonker land?’ Hoekom sê my volk: ‘Uiteindelik is ons vry, en ons wil nooit weer iets met Hom te doen hê nie’? |
| Afrikaans 1933/1953 | o Geslag, verneem die woord van die HERE! Het Ek vir Israel 'n woestyn geword of 'n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie? |
| Afrikaans 1983 | Slaan ag op die woord van die Here, my volk! Was Ek dan vir Israel soos 'n woestyn of soos 'n stikdonker land? Waarom het my volk dan gesê: “Ons rebelleer, ons wil U nie meer dien nie”? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle is daardie geslag. Slaan ag op die woord van die Here! “Het Ek 'n woestyn geword vir Israel of 'n land van digte duisternis? Waarom sê my volk, ‘Ons loop vry rond; ons sal nie weer na U gaan nie?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle wat nou lewe, julle moet hoor wat sê die Here: “Was Ek vir die Israeliete soos 'n woestyn of soos 'n donker land? Hoekom sê my volk: ‘Ons het weggegaan van U, ons wil nie terugkom na U toe nie?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Israel, luister na wat die Here te sê het! Hy vra: Is Ek vir Israel so sleg dat dit vir hulle voel soos om in ’n woestyn te wees of in ’n pikdonker land? Hoekom sê my volk dan: ‘Uiteindelik is ons vry, ons wil nooit weer iets met Hom te doen hê nie’? |