Jeremiah 2:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen teregwysing ontvang nie: julle eie swaard het julle profete verteer soos 'n vernietigende leeu. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Tevergeefs het Ek julle mense gestraf. Hulle het hulle nie gesteur aan vermanings nie. Julle het julle profete afgemaai soos leeus ’n prooi verskeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos 'n verskeurende leeu. |
| Afrikaans 1983 | Tevergeefs het Ek julle kinders gestraf, hulle het nie 'n les daaruit geleer nie. Soos leeus wat alles verskeur, het julle julle profete doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; teregwysing het hulle nie aanvaar nie. Julle swaarde het julle profete verslind, soos 'n leeu wat verskeur. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Ek het julle kinders gestraf, maar hulle het nie geluister nie. Julle het julle profete doodgemaak soos leeus diere doodmaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dit het nie eens gehelp dat Ek julle kinders gestraf het nie. Dit lyk nie juis of hulle iets uit die straf geleer het nie. Ek het my profete na julle toe gestuur, maar julle het hulle doodgemaak net soos leeus ’n prooi verskeur. |