Jeremiah 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Israel was heilig vir die HERE en die eersteling van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal aanstoot gee; onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 In daardie tyd het Israel net aan My behoort. Hy was vir My die belangrikste van my kinders. Almal wat my volk te na gekom het, was skuldig. Rampe het oor hulle gekom, sê die Here.”
Afrikaans 1933/1953 Israel was vir die HERE 'n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Israel was toe aan die Here gewy soos die eerste vrugte van die oes. Niemand wat hierdie vrugte geëet het, het ongestraf gebly nie, rampe het hom getref, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Israel was heilig vir die Here, die eerste vrugte van sy opbrengs. Almal wat daarvan sou eet, sou skuldig wees – onheil sou hulle oorval,” ’ ” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Israel is net Myne, hulle is soos die eerste koring-are, en Ek sal almal swaar straf wat van hierdie koring-are eet.” Dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd het Israel net aan My behoort. Ek het oor hulle gevoel soos ’n mens voel oor die eerste deel van die oes wat van die landerye af kom. Niemand mag dit waag om aan hulle te vat nie. Ek sou enigiemand wat hulle wou seermaak, se lewe ellendig maak.”