Jeremiah 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Wildesel wat in die woestyn gewoond is, wat die wind opsnuif na sy welbehae; in haar geleentheid wie kan haar wegwys? almal wat haar soek, sal hulle nie moeg maak nie; in haar maand sal hulle haar vind. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle tree net soos ’n wildedonkie op. As dit paartyd is, snuif sy in die wind. Wie kan haar drange beheer? Die hingste hoef nie eers na haar te soek nie. Sy hardloop agter hulle aan! |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Wilde-eselin, gewend aan die woestyn, wat in haar heftige begeerte die wind opsnuiwe -- haar hittigheid, wie sal dit keer? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie; in haar maand sal hulle haar kry. |
| Afrikaans 1983 | soos 'n wildedonkie wat tuis is in die woestyn. Jy was soos 'n bronstige kameelkoei wat die wind opsnuif, wat onkeerbaar is in haar hittigheid. Die bulle wat haar soek, hoef hulle nie moeg te hardloop agter haar aan nie; wanneer sy wil paar, kry hulle haar maklik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos 'n wilde donkie gewoond aan die woestyn. In haar heftige drang snuif sy die wind. Haar bronstigheid – wie kan dit beteuel? Almal wat haar soek, hoef hulle nie te vermoei nie. In haar bronstyd sal hulle haar vind. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | sy hardloop in die woestyn in en ruik waar 'n bul is, niemand kan haar keer nie. 'n Bul wat haar soek, kry haar maklik wanneer dit vir haar die regte tyd is om by 'n bul te kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle maak soos ’n wildedonkie wat aan die woestyn gewoond is. As dit paartyd is, snuif sy in die lug op soek na ’n hings. Sy word gedryf deur haar drange na die hings. Die hingste hoef nie eens na die merrie te soek nie, sy hardloop agter hulle aan. Julle maak net so in julle gehardloop agter die gode aan. |