Jeremiah 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie, ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? sien jou weg in die dal, weet wat jy gedoen het; jy is 'n vinnige dromedaris wat sy weë bewandel;
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe kan julle sê: ‘Dit is nie waar nie! Ons het nie beelde van Baäl aanbid nie’? Gaan kyk gerus wat julle in al julle valleie doen. Neem verantwoordelikheid vir julle doen en late! Julle tree op net soos ’n onrustige kameelkoei wat rondhardloop op soek na ’n bul.
Afrikaans 1933/1953 Hoe kan jy sê: Ek is nie verontreinig nie; ek het nie agter die Baäls aan geloop nie? Kyk jou weg in die dal; weet wat jy gedoen het, jou vinnige jong kameelkoei wat rond hardloop!
Afrikaans 1983 Hoe kan jy dan sê: “Ek het my nie verontreinig nie, ek het nie die Baäls gedien nie”? Kyk hoe het jy jou gedra in die Hinnomdal. Besef tog wat jy gedoen het! Jy was soos 'n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hoe kan jy sê, ‘Ek het my nie verontreinig nie; die Baäls het ek nie gevolg nie’? Kyk net na jou pad in die dal! Besef wat jy gedoen het! Jy is 'n vinnige jong kameelkoei wat heen en weer rondhardloop,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle sê julle het julleself nie onrein gemaak nie, julle sê julle het nie met die Baäls saamgegaan nie. Maar kyk wat het julle gedoen in die Hinnom-vallei. Julle het gemaak soos 'n jong kameel-koei wat by 'n bul wil kom. Sy loop heen en weer,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Hoe kan julle sê: ‘Dit is nie waar nie! Ons het nie ons knie gebuig voor die beelde wat van die god Baäl gemaak is nie.’ Gaan kyk gerus maar wat julle in die valleie aangevang het. Neem ’n bietjie verantwoordelikheid vir julle doen en late! Julle tree nes ’n kameelkoei op wat rondhardloop op soek na ’n bul.