Jeremiah 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die jong leeus het oor hom gebrul en geskreeu, en hulle het sy land 'n puinhoop gemaak; sy stede is verbrand sonder dat daar bewoners is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Leeus het hard en dreigend teen Israel gebrul. Hulle het die land verwoes, die dorpe is nou puinhope. Niemand bly meer daar nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land 'n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner. |
| Afrikaans 1983 | Waarom brul en grom die leeus so teen hom? Waarom is sy land verwoes en lê sy stede in puin, sonder inwoners? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Die jong leeus brul teen hom; hulle brul hard. Hulle het sy land 'n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoners. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande van die Israeliete was soos leeus wat brul. Hulle het die mense weggevat uit die land, hulle het die stede verwoes, daar het niemand oorgebly nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Waarom dreig die vyand Israel dan nou soos leeus wat brul om die prooi te storm? Hulle het die land verwoes en die stede is nou net ’n hoop klippe wat daar lê. Daar is nie meer mense wat daar bly nie. |