Jeremiah 19:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle die vleis van hulle seuns en die vleis van hulle dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vleis van sy vriend eet in die beleëring en benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle sal knou.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vyande en die mense wat hulle wil doodmaak, sal hulle beleër tot al die kos op is. Dan sal die mense wat in die stad vasgekeer is, hulle seuns, dogters en vriende weens honger begin eet. Hulle sal tot wanhoop gedryf word.’
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.
Afrikaans 1983 Jerusalem sal beleër word deur vyande wat nie sy inwoners sal spaar nie. Hulle posisie sal benard word: Ek sal hulle hulle eie kinders laat eet, en die mense sal mekaar eet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle die vleis van hulle seuns en dogters laat eet; en hulle sal mekaar se vleis eet tydens die beleg en die teistering waarmee hulle vyande en die mense wat hulle lewens soek, hulle sal teister.” ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal vyande bring wat die mense van die stad wil doodmaak. Die vyande sal rondom die stad wees, en niemand sal uit die stad kan kom nie. Dan sal die mense van die stad hulle eie kinders en mekaar begin doodmaak en eet.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerusalem sal deur vyande omsingel word wat die mense van die stad wil uitroei. Omdat kos skaars sal word, sal die ingehokte mense moed begin verloor en baie lelike dinge begin doen. Van die mense sal hulle eie kinders en vriende begin eet.”