Jeremiah 19:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hierdie stad 'n wildernis en 'n bespotting maak; elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hierdie stad só verwoes laat dat mense na hulle asems sal snak. Mense wat verbyloop, sal geskok wees en van verbasing fluit oor die slagting.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hierdie stad maak 'n voorwerp van verbasing en bespotting; elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en spot met al sy plae.
Afrikaans 1983 En hierdie stad maak Ek iets waaroor mense net met afgryse vervul kan word en kan fluit. Elkeen wat hier verbykom, sal van verbasing fluit oor alles wat die stad getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hierdie stad 'n skrikbeeld en die rede vir 'n gefluit maak. Elkeen wat by haar verbygaan, sal verslae wees en fluit oor al haar wonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense sal bang word wanneer hulle hierdie stad sien, en hulle sal fluit. Elkeen wat deur die stad loop, sal bewe en fluit omdat die vyande die stad so verwoes het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hierdie stad so erg laat verwoes dat mense na hulle asem sal snak. Mense wat daar verbyloop, sal geskok wees en fluit van verbasing oor wat hulle sien.