Jeremiah 19:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die raad van Juda en Jerusalem op hierdie plek tot niet maak; en Ek sal hulle deur die swaard laat val voor hulle vyande en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en hulle lyke sal Ek gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hier sal Ek Juda en Jerusalem se oorlogsplanne dwarsboom. Ek sal toelaat dat julle vyande julle met geweld doodmaak. Die vyand sal julle lyke vir aasvoëls en wilde diere los om te verslind. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal die plan van Juda en Jerusalem in hierdie plek uitskud, en Ek sal hulle voor hul vyande deur die swaard laat val en deur die hand van die wat hulle lewe soek; en Ek sal hulle lyke gee as voedsel vir die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde. |
| Afrikaans 1983 | Op hierdie plek sal Ek 'n end maak aan die planne van Juda en Jerusalem. Ek sal hulle vyande hulle met die swaard laat afmaai, hulle oorlewer in die mag van mense deur wie hulle nie gespaar sal word nie, en Ek sal hulle lyke deur voëls en roofdiere laat opvreet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal Juda en Jerusalem se planne op hierdie plek verydel; Ek sal hulle deur die swaard voor hulle vyande laat val, en deur die hand van dié wat hulle lewens soek. Ek sal hulle lyke as voedsel gee vir die voëls van die hemel en die diere van die aarde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda en Jerusalem het planne gemaak, Ek sal hulle planne hier breek soos 'n mens 'n kleipot breek. Ek sal hulle vyande bring om hulle met swaarde dood te maak, en Ek sal hulle dooie liggame hier laat lê sodat die voëls en die wilde diere dit kan vreet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal Juda en Jerusalem se planne in die wiele ry. Ek sal toelaat dat julle vyande julle doodmaak. Ek sal dat die aasvoëls en die wilde diere julle lyke opvreet. |