Jeremiah 19:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer Tofet en ook nie die dal van die seun van Hinnom genoem sal word nie, maar die dal van slagting. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê: Neem kennis, die tyd kom wanneer die naam van hierdie plek nie meer Tofet of Hinnomdal sal wees nie, maar Moorddal. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal. |
| Afrikaans 1983 | Daarom kom daar 'n tyd, sê die Here, dat dié plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal genoem sal word nie, maar Moorddal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, kyk, daar kom dae,” ’ is die uitspraak van die Here, ‘ “dat hierdie plek nie meer Tofet en Ben-Hinnomdal genoem sal word nie, maar Moorddal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê Ek nou: Daar sal 'n tyd kom wanneer die mense nie meer hierdie plek sal noem ‘Tofet’ of ‘Ben-Hinnom-vallei’ nie, hulle sal dit ‘Moord-vallei’ noem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Maar neem kennis, die tyd kom wanneer die naam van hierdie plek nie meer Tofet of Hinnomvallei sal wees nie, maar dit sal Moordvallei genoem word. |