Jeremiah 19:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle het ook die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl, wat Ek nie beveel of dit gespreek en nie in my gedagtes opgekom het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hoogtes vir Baäl gebou. Hier het hulle hulle eie kinders as brandoffers aan Baäl geoffer. Dit is nie iets wat Ek hulle sou beveel het om te doen nie. Dit het nie eers in my gedagtes opgekom om so iets te beveel nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het die hoogtes van Baäl gebou om hulle seuns met vuur te verbrand as brandoffers aan Baäl -- iets wat Ek nie beveel of uitgespreek het nie, of wat in my hart nie opgekom het nie. |
| Afrikaans 1983 | julle het vir Baäl hoogtes gebou en julle seuns as brandoffers vir Baäl verbrand, 'n ding wat Ek nie beveel het nie en nie oor gepraat het nie en wat nooit by My opgekom het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het offerhoogtes vir Baäl gebou om hulle seuns as brandoffers vir Baäl te verbrand – iets wat Ek nie beveel of gesê het nie, en wat nie in my gedagtes opgekom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook die offer-plekke van Baäl gebou om hulle seuns te verbrand. Dit was brand-offers vir Baäl. Ek het nie gesê hulle moet dit doen nie, Ek het nooit aan so iets gedink nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het selfs plekke gebou waar hulle vir die god Baäl offers gebring het. Hulle het hulle eie kinders met vuur verbrand om in Baäl se goeie boekies te kom. Dit is nie iets wat Ek hulle sou beveel het om te doen nie. Om die waarheid te sê, dit het nie eens in my gedagtes opgekom om iets so verskriklik te beveel nie!” |