Jeremiah 19:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat hulle My verlaat het en hierdie plek vervreem en daarin rook laat opgaan het vir ander gode wat hulle en hulle vaders nie geken het nie, en ook die konings van Juda, en hierdie plek gevul het met die bloed van onskuldiges;
Afrikaans (NLV) 2011 “‘Ek doen dit omdat hulle dislojaal was aan My. Hulle het hierdie vallei onrein gemaak deur wierook vir vreemde gode te brand. Hierdie gode was so onbekend, nie vandag se mense of hulle voorouers of die konings van Juda het hulle geken nie. Hulle het ook onskuldige mense hier doodgemaak.
Afrikaans 1933/1953 omdat hulle My verlaat het en hierdie plek onherkenbaar gemaak het en vir ander gode, wat hulle nie geken het nie, daarin rook laat opgaan het -- hulle en hulle vaders en die konings van Juda; en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.
Afrikaans 1983 Julle het My verlaat en hierdie plek verontreinig deur hier vir ander gode offers te bring, gode waarvan julle, julle voorvaders en die konings van Juda nie voorheen geweet het nie. Julle het op dié plek baie onskuldige bloed vergiet,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle het My verlaat, hierdie plek geskend en daarin offers verbrand vir ander gode wat hulle, hulle voorouers en die konings van Juda nie geken het nie. Hulle het hierdie plek gevul met die bloed van onskuldiges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal gebeur omdat hulle weggegaan het van My. Hulle het hierdie plek ontwy en hulle het hier wierook-offers gebring vir ander gode, gode wat hulle en hulle voorvaders en die konings van Juda voorheen nie geken het nie. En hulle het hier baie onskuldige mense doodgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek doen dit omdat die mense nie lojaal aan My was nie, maar hierdie plek vuil gemaak het met die goed wat hulle hier gedoen het. Hulle het hier wierook vir vreemde gode gebrand. So vreemd was hierdie gode dat niemand van hulle geweet het nie. Nie vandag se mense nie, ook nie hulle voorouers of die konings van Juda nie. Die ergste is dat hulle onskuldige mense hier doodgemaak het.