Jeremiah 19:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek; wie dit hoor, sy ore sal tuit.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle: ‘Konings van Juda en inwoners van Jerusalem, luister na die boodskap van die Here! Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek gaan ’n baie groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit;
Afrikaans 1983 Jy moet sê: Hoor die woord van die Here, konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die Here die Almagtige, die God van Israel: Ek gaan oor hierdie plek 'n ramp bring wat elkeen wat daarvan hoor, se ore sal laat tuit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet sê, ‘Hoor die woord van die Here, konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Kyk, Ek gaan onheil bring oor hierdie plek, sodat elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet sê: ‘Konings van Juda en mense wat in Jerusalem woon, julle moet luister na wat die Here sê. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sal dit nou sleg laat gaan met die mense in hierdie plek. Elkeen wat hoor wat gebeur, sal dit nie kan glo nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir hulle: Konings van Juda en mense van Jerusalem, luister na wat Ek te sê het. Ek is sterker as alles en almal, Ek is die God van Israel! Ek gaan ’n groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.