Jeremiah 19:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe kom Jeremia van Tofet af waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer; en hy het in die voorhof van die huis van die HERE gaan staan; en vir die hele volk gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat Jeremia by Tofet geprofeteer het soos die Here gesê het hy moes, het hy na die stad toe teruggegaan. Hy het in die voorhof van die tempel gaan staan en vir almal wat daar was, gesê:
Afrikaans 1933/1953 Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en aan die hele volk gesê:
Afrikaans 1983 Nadat Jeremia teruggekom het van Tofet af waar die Here hom as profeet laat optree het, het hy in die voorhof van die huis van die Here gaan staan en vir al die mense daar gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jeremia het van Tofet af, waarheen die Here hom gestuur het om te profeteer, gekom en in die voorhof van die huis van die Here gaan staan. Hy het vir die hele volk gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jeremia het teruggekom van Tofet. Die Here het hom daarnatoe gestuur om 'n boodskap te bring. Jeremia het op die oop stuk grond voor die tempel gaan staan en vir al die mense gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nadat Jeremia by Tofet gedoen het wat die Here gesê het, het hy na die stad toe teruggegaan. Hy het in die gedeelte voor die tempel gaan staan en vir almal wat daar was, gesê: