Jeremiah 19:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal verontreinig word soos die plek van Tofet, vanweë al die huise op wie se dakke hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegooi het vir ander gode. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “‘Die inwoners van Jerusalem het op die dakke van hulle huise wierook gebrand vir die sterregode. Hulle het ook vir ander gode drankoffers uitgegooi. Omdat hulle dit gedoen het, sal al die huise van die inwoners van Jerusalem en die paleise van die konings van Juda so onrein word soos Tofet.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal word soos die plek Tofet, onrein; naamlik al die huise op die dakke waarvan hulle rook laat opgaan het vir die hele leër van die hemel en drankoffers uitgegiet het vir ander gode. |
| Afrikaans 1983 | Die huise in Jerusalem en die paleise van die konings van Juda sal soos die Tofetplek onrein wees, al die huise waar daar op die dakke wierookoffers gebring is vir die son, die maan en die sterre, en waar daar drankoffers uitgegiet is vir vreemde gode. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal, wat onreinheid betref, soos die plek Tofet word – ja, al die huise waar hulle op die dakke offers verbrand het vir al die hemelliggame, en drankoffers uitgegiet het vir ander gode.” ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande sal die huise in Jerusalem en die paleise van die konings van Juda verwoes soos hulle Tofet verwoes het. Die huise en die paleise sal onrein word. Die mense van Jerusalem en die konings van Juda het op hulle huise se dakke wierook-offers gebring vir die son en die maan en al die sterre, en hulle het daar drank-offers uitgegooi vir ander gode.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Jerusalem het op die dakke van hulle huise wierook gebrand om die sterre te aanbid. Hulle het ook ter wille van ander gode wyn uitgegooi om hulle tevrede te hou. Omdat hulle dit gedoen het, sal al die huise van die inwoners van Jerusalem en die paleise van die konings van Juda soos Tofet word. ’n Plek wat onaanvaarbaar is om na toe te gaan.” |