Jeremiah 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare; Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek soos 'n mens 'n pottebakker breek wat nie weer gesond kan word nie; en hulle sal dit in Tofet begrawe totdat daar geen plek is om te begrawe nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir hulle: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Soos hierdie kleipot hier voor julle in skerwe lê, so sal Ek met hierdie stad en sy inwoners maak. Hulle sal soos hierdie kleipot wees wat ’n mens nie weer kan heelmaak nie. Hulle sal die lyke van die mense in Tofet begrawe omdat daar nêrens anders meer plek sal wees nie.
Afrikaans 1933/1953 en vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos 'n mens 'n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.
Afrikaans 1983 en jy moet vir hulle sê: So sê die Here die Almagtige: Soos hierdie kleipot gebreek het en nie heelgemaak kan word nie, so sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek. Hulle sal van Tofet 'n begraafplaas maak omdat daar nie ander plek sal wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet vir hulle sê, ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Só sal Ek hierdie volk en hierdie stad breek – soos mens die kleipot van 'n pottebakker breek, sodat dit nie weer heelgemaak kan word nie. In Tofet sal mense begrawe word weens gebrek aan begraafplek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en jy moet vir hulle sê die Here wat oor alles regeer, sê: Jeremia het die kleipot gebreek en niemand kan dit heelmaak nie. So sal Ek hierdie volk en hierdie stad ook breek. Hulle sal hier in Tofet die mense moet begrawe wat sterf, want daar sal nie meer ander plek wees om grafte te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) sê vir hulle: Dit is wat die Here wat sterker as alles en almal is, sê: Soos hierdie kleipot hier voor julle in skerwe lê, so sal Ek met die mense van Juda en Jerusalem maak. Hulle sal soos hierdie kleipot wees wat nie weer heelgemaak kan word nie. Hulle sal die lyke van die mense in Tofet begrawe omdat daar nêrens anders meer plek sal wees nie.