Jeremiah 18:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in watter oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk, om dit te bou en te plant;
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal vestig, opbou, groot en sterk maak,
Afrikaans 1933/1953 En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant;
Afrikaans 1983 en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Ander keer sê Ek oor 'n nasie en 'n koninkryk dat Ek dit sal bou en plant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Of Ek kan nou sê Ek wil 'n volk of 'n land bou en plant,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal opbou en groot en sterk sal maak, dan kan Ek dit doen.