Jeremiah 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As daardie nasie teen wie Ek gespreek het, bekeer van hulle boosheid, sal Ek berou hê oor die kwaad wat Ek gedink het om hulle aan te doen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as hulle ophou om die verkeerde dinge te doen waarvan Ek gepraat het, sal Ek hulle nie verwoes soos Ek aanvanklik wou nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen. |
| Afrikaans 1983 | Maar wanneer dié nasie hom bekeer van sy boosheid waaroor Ek hom wou straf, sien Ek af van die straf wat Ek oor hom wou bring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as daardie nasie teen wie Ek die bedreiging uitgespreek het, hom bekeer van sy boosheid, sal Ek jammer wees oor die onheil wat Ek beplan het om hom aan te doen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en wanneer daardie volk ophou om die slegte dinge te doen waaroor Ek hulle wil straf, dan sal Ek besluit Ek straf hulle nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar as hulle ophou om die verkeerde dinge te doen waarmee hulle besig is, sal Ek hulle nie inmekaardruk soos Ek eers wou nie. |