Jeremiah 18:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In watter oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk, om dit uit te ruk en af te breek en om dit te vernietig;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit kan wees dat Ek in ’n stadium sê Ek sal ’n sekere nasie of ’n regering omverwerp, afbreek en vernietig.
Afrikaans 1933/1953 In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;
Afrikaans 1983 Een oomblik kondig Ek aan dat Ek 'n nasie, 'n koninkryk sal afbreek, sal uitroei, sal vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Een keer dreig Ek om 'n nasie en 'n koninkryk uit te ruk, af te breek en ten gronde te laat gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek kan nou sê Ek wil 'n volk of 'n land uitruk en omgooi en verwoes,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As Ek in ’n stadium sê dat Ek ’n sekere nasie of ’n regering van ’n land omver sal gooi, sal afbreek en vernietig, kan Ek dit doen.