Jeremiah 18:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O huis van Israel, kan Ek nie met julle doen soos hierdie pottebakker nie? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker is, so is julle in my hand, o huis van Israel! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gevra: “O Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei maak nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Kan Ek nie met julle doen wat hierdie pottebakker met die klei gedoen het nie, Israel? vra die Here. Soos klei in die pottebakker se hand, so is julle in my hand, Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. “Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Israeliete, Ek kan met julle doen soos die pottebakker met die klei doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei gemaak het nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker is om daarmee te maak net wat hy wil, so is julle in my hande. |