Jeremiah 18:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die voorwerp wat hy van klei gemaak het, was in die hand van die pottebakker ontsier; daarom het hy dit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit goed was in die oë van die pottebakker om dit te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die pot waarmee hy besig was, was nie ’n sukses nie. Hy het toe die klei inmekaargedruk en weer begin om ’n nuwe pot te vorm soos hy dit wou hê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk -- soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker -- maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak. |
| Afrikaans 1983 | Maar die ding wat hy aan die maak was uit die klei, het misluk, en hy het toe iets anders gemaak soos hy dit wou hê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het onder die hand van die pottebakker misluk. Hy het toe 'n ander houer gemaak, soos die pottebakker dit goed gedink het om te maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die ding wat hy van klei gemaak het, was nie reg nie, en toe maak hy van die klei iets anders soos hy dit wou hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die pot wat hy besig was om te maak was nie reg volgens sy smaak nie. Hy het toe die klei weer inmekaargedruk totdat dit ’n bol was. Daarna het hy weer begin om ’n nuwe pot te vorm wat was soos hy dit wou hê. |