Jeremiah 18:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar, HERE, U ken al hulle raad teen my om my dood te maak; vergewe hulle ongeregtigheid nie en wis hulle sonde nie uit u aangesig nie, maar laat hulle voor U omgekeer word; handel so met hulle in die tyd van U toorn.
Afrikaans (NLV) 2011 Here, U weet van al hulle planne om my dood te maak. Moenie hulle wat onregverdig optree, vergewe nie. Moet ook nie hulle sondes uitvee asof dit nooit bestaan het nie. Laat hulle voor u oë ondergaan. Straf hulle terwyl U nog kwaad is vir hulle!
Afrikaans 1933/1953 Maar U, HERE, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot 'n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.
Afrikaans 1983 U, Here, ken hulle planne om my dood te bewerk; moenie hulle oortredings vergewe nie, moenie hulle sonde ongestraf laat nie, laat hulle tot 'n val kom voor U, tree teen hulle op terwyl U nog toornig is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar U, Here, U ken hulle hele moorddadige plan teen my. Moet hulle sondeskuld nie bedek nie; hulle sondes moet U nie voor U uitwis nie. Laat hulle tot 'n val kom voor U; tree teen hulle op in die tyd van u toorn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U weet alles wat hulle wil doen om my dood te maak, U moenie goed word vir hulle nie, U moenie hulle sonde vergewe nie, U moet kwaad bly vir hulle, U moet hulle laat sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, U weet van al die planne wat hulle gemaak het om my dood te maak. Ek vra dat U hulle onregverdige optrede nie sal vergewe nie. Moet ook nie die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, uitvee asof dit nooit bestaan het nie. Laat hulle voor u oë ondergaan. Terwyl U nog woedend vir hulle is, straf hulle!”