Jeremiah 18:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee daarom hulle kinders oor aan die hongersnood en giet hulle bloed uit deur die geweld van die swaard; en laat hulle vroue van hulle kinders beroof word en weduwees wees; en laat hulle manne gedood word; laat hulle jongmanne in die geveg deur die swaard gedood word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom, laat hulle kinders van honger doodgaan! Laat hulle in oorloë sneuwel! Laat hulle vroue weduwees wees sonder kinders! Laat die mans deur ’n epidemie omkom! Laat die jong manne sterf in gevegte op die slagveld! |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, gee hulle kinders oor aan die hongersnood, en lewer hulle oor in die mag van die swaard, en laat hulle vroue kinderloos en weduwees word, en laat hulle manne omkom deur die pes, hulle jongmanne verslaan word deur die swaard in die geveg. |
| Afrikaans 1983 | Maar laat hulle kinders nou van honger sterf, laat daar oorlog oor hulle kom. Maak hulle vrouens kinderlose weduwees: laat die mans sterf aan die pes en laat die jongmanne in die oorlog sneuwel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, gee hulle kinders oor aan hongersnood, lewer hulle oor aan die mag van die swaard. Laat hulle vroue kinderloos en weduwees word, en laat hulle mans slagoffers word van die pessiekte; laat hulle jongmanne in die oorlog deur die swaard verslaan word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar nou moet U hulle straf omdat hulle so doen aan my. U moet hulle kinders laat doodgaan van honger, en U moet vyande laat kom om oorlog te maak teen hulle, U moet hulle vroue se kinders en hulle mans laat sterf. U moet hulle mans laat sterf van siekte, en hulle jongmanne moet sterf in oorlog. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom, Here, laat hulle kinders honger ly! Laat hulle in oorloë doodgaan! Laat hulle vroue weduwees word sonder dat hulle kinders het! Laat die mans in ’n epidemie sterf! Laat die jongmans doodgaan terwyl hulle op die slagveld besig is om te veg! |