Jeremiah 18:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal hulle verstrooi soos 'n oostewind voor die vyand; Ek sal hulle die rug wys en nie die aangesig nie, op die dag van hulle onheil.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos die oostewind stof opwaai, so sal Ek my volk in alle rigtings verstrooi voor hulle vyande. Al sou hulle in groot moeilikheid beland, sal Ek my rug op hulle draai, en My nie aan hulle steur nie.”
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand; met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang.
Afrikaans 1983 Soos die oostewind sal Ek my volk voor die vyand uit verdryf; die dag as die ramp hulle tref, sal Ek my rug na hulle toe draai en hulle nie raaksien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor vyande. Met die nek en nie met die gesig nie, sal Ek hulle aankyk op die dag van hulle teenspoed.” ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die mense van Juda na al die kante toe jaag wanneer hulle vyande hulle aanval. Ek sal hulle jaag soos die oostewind die kaf wegwaai. En wanneer hulle daardie dag bang word en wil vra dat Ek hulle moet help, dan sal Ek wegdraai, Ek sal nie na hulle kyk nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle teen hulle vyande veg, sal Ek hulle in alle rigtings laat spat. Dit sal lyk soos stof wat deur die oostewind rondgewaai word. Al is hulle in groot moeilikheid, Ek sal My nie daaraan steur nie. Inteendeel, Ek sal die rug vir hulle draai.”