Jeremiah 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) om hulle land 'n wildernis te maak en 'n ewige gefluister; elkeen wat daar verbygaan, sal verbaas staan en sy kop swaai.
Afrikaans (NLV) 2011 As gevolg hiervan sal hulle land in ’n woesteny ontaard. ’n Mens kan maar net fluit van verbasing. Almal wat deurreis, sal verstom staan en hulle koppe skud.
Afrikaans 1933/1953 om hulle land te maak 'n voorwerp van verbasing, van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en sy hoof skud.
Afrikaans 1983 Hy het hierdie land iets gemaak wat mense met afgryse vervul, iets waaroor hulle altyd van verbasing sal fluit. Elkeen wat daar verbykom, sal van verbasing die kop skud.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) om so hulle land 'n skrikbeeld, die rede vir 'n ewige gefluit te maak. Elkeen wat daar verbygaan, sal verslae wees en sy kop skud.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is hulle skuld dat hulle land sal verander. Mense sal bang word wanneer hulle sien daar woon nie meer mense in die land nie, en hulle sal fluit. Dit sal altyd so wees. Almal wat deur die land loop, sal bang word en hulle sal hulle kop skud.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gevolg hiervan is dat hulle land verwoes is. ’n Mens kan maar net van verbasing fluit. Almal wat verbyloop, sal skrik as hulle die toestand sien waarin die land is. Hulle kan maar net van verbasing die kop skud.