Jeremiah 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Omdat my volk My vergeet het, het hulle rook laat opgaan tot nietigheid en hulle laat struikel op hulle weë van die ou paaie af, om op paaie te wandel op 'n onverworpe manier;
Afrikaans (NLV) 2011 Tog het my volk My vergeet en offers gebring aan nikswerd afgode wat hulle laat struikel op die goeie weë. Hulle het op afdraaipaadjies, op sondige paaie beland.
Afrikaans 1933/1953 Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; die het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, 'n ongemaakte pad;
Afrikaans 1983 Tog het my volk My vergeet en wierookoffers gebring vir gode wat nie bestaan nie, gode wat my volk laat struikel het op sy pad, op die pad wat hy van ouds af loop; hy het op ompaaie begin loop, op ongebaande weë.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Tog het my volk My vergeet en vir nuttelose afgode offers verbrand. Dié het hulle laat struikel op hulle paaie, op die ou roetes, sodat hulle op weë gegaan het wat nie opgevul is nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar my volk het My vergeet en hulle het wierook-offers gebring vir gode wat nie regtig gode is nie. Die volk het nie aangehou loop op die goeie ou paaie nie, hulle het begin loop op paaie wat nie paaie is nie, en hulle het oor die klippe begin val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Anders as met die sneeu en die water, is my volk onbetroubaar. Hulle het My in die steek gelaat! Hulle brand wierook om die nikswerd afgode te plesier. Hierdie afgode het hulle verlei. My mense weet wat reg is, maar het koers ingeslaan in die verkeerde rigting. Hulle kies om verkeerd te doen.