Jeremiah 18:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE: Vra tog onder die heidene wie sulke dinge gehoor het: die maagd van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die Here: “Doen navraag onder die nasies. Het iemand al ooit gehoor van die afstootlike ding wat die jong vrou Israel gedoen het?
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so spreek die HERE: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans 1983 Daarom, so sê die Here: Vra tog onder die nasies of iemand al van so iets gehoor het! Israel het 'n afstootlike ding gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “Daarom,” so sê die Here, “Doen maar navraag by die nasies: Wie het van so iets gehoor? Die jongvrou Israel het 'n vreeslik afskuwelike ding gedoen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê Ek: “Gaan vra vir ander volke of hulle al so iets gehoor het. Die Israeliete het 'n baie lelike ding gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here: “Het iemand al ooit gehoor van die afskuwelike ding wat Israel gedoen het? Vra maar rond onder die ander volke, so iets het nog nie eens by hulle gebeur nie.